Digital Vibes maak wins van 314%

Die omstrede maatskappy, Digital Vibes, het die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid glo 1,1 miljoen Namibiese dollar gevra vir ‘n uitgekontrakteerde animasieprojek wat slegs 266 000 dollar gekos het. Dit is onthul in Scorpio se ondersoek na Digital Vibes. Media in die buurland berig dat Pelo as ‘n gelukbringer vir die Nasionale Gesondheidsversekering bekendgestel sou word. Volgens die ondersoek verteenwoordig die 1,1 miljoen dollar ‘n winsgrens van 314 persent of 834 000 dollar. Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, is tans met spesiale verlof hangende die uitslag van ‘n ondersoek na ‘n onreëlmatige Digital Vibes-kontrak van 150 miljoen Namibiese dollar.