Een sterf elke 36 sekondes weens honger in Oos-Afrika

Die liefdadigheids-organisasie Oxfam sê in die volgende drie maande kan iemand elke 36 sekondes weens honger sterf in die droogte-geteisterde Oos-Afrika. Die organisasie waarsku dat die toestand in Suid-Soedan, Somalië, Ethiopië en Kenia vinnig versleg. Oxfam Afrika se streeksdirekteur Parvin Ngala sê in die vier lande staar meer as 6 miljoen kinders die dood of akute wanvoeding in die gesig. Ngala waarsku die krisis word vererger deur konflik, die Covid-19-pandemie en deur stygende voedselpryse weens die oorlog in Oekraïne.