Nog beroepe vir noodtoestand in SA

Die Suid-Afrikaanse regering word toenemend oorval met versoeke om ‘n noodtoestand af te kondig. Die bierbedryf, AgriSA en die Suid-Afrikaanse Raad op Verbruikersgoedere het aangesluit by die oproep deur die Durbanse Kamer van Handel en Nywerheid. Die Biervereniging se woordvoerder, Patricia Pillay, sê meer as 600 kleinhandel- en drankwinkels is beskadig, en dit het enorme finansiële verliese veroorsaak: