Kapenaars gewaarsku oor fopnuus

Die burgemeester van Kaapstad, Dan Plato, het ‘n beroep op inwoners gedoen om op te hou om vals berigte oor openbare geweld in die stad te versprei wat op ou beeldmateriaal gebaseer is. Hy sê dit maak dit moeilik om voorvalle op te volg. Hy het benadruk alle inwoners moet saamwerk om die stad se veiligheid te verseker. Plato sê onbevestigde berigte het die potensiaal om gemeenskappe weerloos te laat met hulpbronne wat onnodig herlei word: