Nog 18 olifanttande in Zambezi gevind, 7 vas

Owerhede in die Zambezi-streek vorder baie goed met die oorgrens smokkelary van ivoor. Daar word berig dat die sindikate, vanuit Zambië, die streek benut om deur te beweeg om olifante in Botswana te stroop en dan die ivoor weer deur die streek na Zambië te smokkel. Sewe Zambiese burgers is in die Kapani gebied in besit van ‘n .375 jaggeweer en 18 olifanttande aangekeer. Dit bring die totale olifanttande wat in die afgelope drie weke in die streek gevind is, op 59 te staan.