ANC vertraag stappe teen kaderontplooiing

Die DA beskuldig die ANC dat hy die Parlement se pogings belemmer om die omstrede kwessie rondom kaderontplooiing aan te pak. Die party voer aan president Cyril Ramaphosa se beloftes vir ‘n professionele Staatsdiens lyk tans leeg, aangesien die ANC eensydig ‘n belangrike vergadering oor die aanvaarding van die Wysigingswetsontwerp op die Staatsdiens gekanselleer het. Die DA-lid, Leon Schreiber, sê die ANC se stap na ‘n reeks vertragings, sluit wesenlik uit dat die wetsontwerp goedgekeur word voordat die parlementêre termyn eindig: