Noble & Azhar kry 7 jaar elk vir 412kg kokaïen

Die twee veroordeelde kokaïen smokkelaars Grant Noble, 40, en Dinath Azhar wat 66 jaar oud is, is vanoggend deur regter Orben Sibeya vir 12 jaar tronk toe gestuur waarvan vyf jaar opgeskort is. Die twee is in 2018 by die Walvisbaai-hawe gevang met 412 kilogram kokaïen wat hulle in ‘n vraghouer probeer insmokkel het vanuit Brasilië. Die dwelms het ‘n beraamde waarde van 206 miljoen Namibiese dollar gehad. Beide is op 19 Augustus onskuldig bevind op een klagte van geldwassery maar kon nie die klag van dwelmsmokkelary ontduik nie.