DA sê Lesufi kan niks bied as Gauteng-premier nie

Die DA in Gauteng sê inwoners van die provinsie gaan nog ‘n premier kry wat nie in staat is om oop en deursigtige regering te verseker nie. Die party voel daar is niks nuuts wat die LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, die inwoners van Gauteng kan bied nie. Lesufi gaan na verwagting tot premier verkies word na David Makhura se bedanking. Dorianne Arendse van die DA sê Lesufi was deel van Makhura se kabinet wat versuim het om sy diensleweringsbeloftes na te kom: