Noa sê 5G-ondersoek duur steeds voort, Kandjiriomuini het gesterf

Die Teenkorrupsie Kommissie het bevestig dat die ondersoek na die sogenaamde 5G Huawei-skandaal voortduur. Dit volg na die nuus dat Reckliff Kandjiriomuini, die Hoof van die Kommunikasie en Tegnologie Departement by Stad Windhoek Maandag in ‘n hospitaal in die hoofstad oorlede is. Hy is in Augustus geskors by die munisipaliteit in verband met die skandaal na daar beweer is dat hy ‘n mede-raadslid Brunhilde Cornelius probeer omkoop het sodat Huawei die 5G kontrak van Stad Windhoek kan kry. Paulus Noa, die Direkteur-Generaal van die kommissie…