98% van Namibiërs maak staat op NBC

Die leier van die PDM-party McHenry Venaani sê 98 persent van Namibiërs maak staat op die NBC vir toegang tot inligting. Dus moet die staking so vinnig as moontlik tot ‘n einde kom. Hy sê hy sal vanmiddag met die Eerste Minister Dr Saara Kuugongelwa Amadhila in gesprek tree in die verband.