Alle pluimvee invoere van SA gestaak

Die Departement van Veeartsenydienste in die Namibiese Ministerie van Landbou het te kenne gegee dat daar ‘n totale verbod op invoere en transito-vervoer van voëls en pluimvee produkte vanaf Suid-Afrika is. Volgens die ministerie is daar vroeër ‘n verbod op invoere van die spesifieke gebied in die buurland geplaas toe voëlgriep die eerste keer op 9 April op die kommersiële plaas bevestig is maar, nou is daar 8 nuwe kommersiële produsente wat ook voëlgriep bevestig het. Dus, is daar ‘n totale verbod op invoere vanuit Suid-Afrika vir enige produk wat of op of na 19 Maart vanjaar in die buurland verpak is. Alle permitte wat reeds uitgereik is, is volgens die departement met onmiddellike effek opgeskort. Pluimvee produkte wat vanaf lande wat voëlgriep-vry is en net in transito deur Suid-Afrika vervoer is, word steeds plaaslik toegelaat.