Nog net twee dae om Namibiese films te geniet

Daar was die afgelope paar jaar uitstekende Namibiese films wat uitgereik is en Tala Namibia, ‘n aanlyn stromingsdiens, bied tot 19 Mei aan lede van die publiek die geleentheid om meer as 200 films te geniet. Die organiseerder Caillin Basson het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en ook genoem dat die Adjunkminister van Inligting, Emma Theofelus uitgenooi is om saam na van die produksies te kyk.