Noa moet wag tot 16 Junie, prokureur isoleer

Dennis Noa, 26, se borgaansoek is in die Katutura-landdroshof uitgestel omdat sy prokureur James Diedericks in isolasie is en op die uitslag van ‘n Covid-toets wag. Die saak is deur die landdros Esme Molefe tot 16 Junie uitgestel en Noa bly in aanhouding op Seeis. Hy is op 13 April in hegtenis geneem op klagte dat hy ‘n breinbeseerde manlike pasiënt in die Katutura Staatshospitaal, waar hy ‘n leerlingdokter is, verkrag het.