Nie nodig om skole te sluit nie – ministerie

Die Namibiese onderwysministerie se adjunk-uitvoerende direkteur, Edda Bohn, het gesê as daar positiewe Covid-gevalle in skole is, is dit nie nodig om ‘n hele skool te sluit nie, want dit veroorsaak paniek by ouers en leerders. Dit kom na die beroep deur die Onderwysvakbond van Namibië dat skole tot Julie gesluit moet word. Bohn sê skole moet net diegene wat in kontak was met positiewe gevalle, by die huis laat bly en die nodige voorsorgmaatreëls tref. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.