Noa kry borg van N$10 000

Die leerlingdokter Dennis Noa het borg van 10 000 Namibiese dollar in die Windhoek Landdroshof ontvang. Noa, wat daarvan verdink word dat hy ‘n manlike breinbeseerde pasiënt by die Katutura-hospitaal verkrag het, is sedert die naweek van 11 April in aanhouding. Landdros Esme Molefe het gesê Noa moet sy paspoort indien en nie die Windhoek-distrik verlaat nie. Volgens Noa se regsverteenwoordiger, is daar geen mediese bewyse dat die pasiënt verkrag is nie. Noa se saak is uitgestel tot 30 September vanjaar.