Eiendom: huise onder N$1m verkoop nog

Die eiendomsbedryf in Namibië het nog nie opgetel nie. Sedert die Covid-pandemie wat baie mense se sakke geraak het, is Namibiërs nie meer soos in die verlede gretig om miljoene op eiendom te bestee nie. Anne Thandeka Gebhardt, eienaar van National Estates en ‘n direksielid van die Namibië Eiendomsagente-raad het met Kosmos 94.1 Nuus oor stand van die eiendomsbedryf gesels.