Kanada kry eers inheemse goewerneur-generaal

Kanada se eerste minister, Justin Trudeau, het die aanstelling van die land se eerste inheemse goewerneur-generaal as ‘n geskiedkundige stap beskryf. Die leier van die Inuk, Mary Simon, volg Julie Payette op wat in Januarie vanjaar bedank het na bewerings van teistering in die werkplek. Koningin Elizabeth van Engeland het die aanstelling goedgekeur. Trudeau sê Simon was dwarsdeur haar loopbaan ‘n onvermoeide voorstander van Inuit-regte en -kultuur en die regte van alle inheemse volke: