NNOK: Wêreld berei voor om sportstadions oop te maak

‘n Aanlyn-petisie met meer as 350 000 handtekeninge wat eis dat die Tokio 2020 Olimpiese Spele gekanselleer word, is aan organiseerders oorhandig. Die veldtog “Stop Tokyo Olympics”, sê broodnodige mediese dienste sal van die algemene publiek weggehou word. Die President van die Namibië Nasionale Olimpiese Komitee, Abner Xoagub, sê dit is teenstrydig met die wêreld wat voorberei om sportstadions oop te maak. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.