Tweeling kry noodreisdokumente na Namibië

Die tweeling kom huis toe! Die Namibiese Ministerie van Binnelandse Sake, Immigrasie, Veiligheid en Sekuriteit het pas eenmalige noodreisdokumente aan Paula en Maya Delgado-Lühl uitgereik om Namibië toe te kom. Dit volg 2 maande ná hul geboorte van ‘n surrogaatmoeder in Suid-Afrika en ‘n fel regstryd deur hul ouers Guillermo en Phillip en regsverteenwoordiger, Uno Katjipuka-Sibolile.