Minister gryp in by SA Nasionale Vaardigheidsfonds

Die Suid-Afrikaanse Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, het aan die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge gesê dat hy besig is om in te gryp by die Nasionale Vaardigheidsfonds. Dit volg nadat die komitee gehoor het dat die fonds meer as 2 miljard Namibiese dollar bestee het aan verkwistende en vrugtelose uitgawes. Nzimande sê dit het onder sy aandag gekom dat baie verkeerd geloop het sedert die instelling se ontstaan.