NNFU sê bek-en-klou-vrye sone kan vergroot word

Die Namibiese Nasionale Boere-unie het ‘n studie uitgevoer oor die impak van die veterinêre kordonheining op boere in die noordelike kommunale gebiede. Die boere het die meerderheid diere in die land, beraam op ongeveer 1,5 miljoen, maar het nie werklik toegang tot markte nie. Die unie sê daar is verskeie opsies om die probleem op te los. Regeringsagentskappe en kantore kan gedwing word om die vleis aan te skaf vir skole, die weermag en meer, en om die bek-en-klouseer-vry gebied effe te vergroot. Die unie sê daar is dele in die suide van die kommunale gebied waar daar vir dekades geen bek-en-klouseer voorgekom het nie en dus, kan die gebied by die kommersiële gebied ingesluit word. Algehele dieregesondheid in die noordelik gebiede moet ook verbeter word.