Sersant vas vir dwelms in koevert

Plaaslike media berig dat ‘n sersant in die Namibiese polisie in hegtenis geneem is en vandag in die hof sal verskyn op klagte van die besit van dwelms. Volgens wat berig word is die beampte 50 Namibiese dollar betaal om dwelms aan ‘n gevangene in die Windhoek-gevangenis te lewer. Volgens Nampol se woordvoerder in die Khomas-streek, adjudant-offisier Silas Shipandeni het die beampte ‘n bruin koevert vol dagga aan ‘n gevangene wat in die hof verskyn het, gelewer.