NLU Werkgewersvereniging vergader die week

Die 34ste jaarlikse kongres van die Landbouwerkgewersvereniging sal Dinsdag in die hoofstad plaasvind. Verskeie aspekte wat landbouwerkers raak, sal onder die loep kom, insluitend die toenemende dwelmmisbruik wat voorkom onder plaaswerkers regoor die land. Onderrig vir kinders van plaaswerkers, sowel as die geestesontwikkeling van plaasarbeiders sal bespreek word. Daar is verskeie sprekers, en werksgroepe sal ook benut word om beplanning te verskerp.