NLU verwelkom onttrekking van konsultante by Russiese uraan-projek

Die Namibiese Landbou-unie is verheug dat die Environmental Compliance Consultancy sy professionele dienste by Headsprings Investment, wat vir uraan wil boor in die Stampriet-bekken, onttrek het. Die maatskappy was deur die Russiese filiaal van Uranium One aangestel om omgewingsimpak-studies uit te voer. Piet Gouws, die president van die NLU het sy reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.