46 000 hektaar by Karasburg verwoes en dit brand steeds, Hoachanas brand ook

Met die Karasburg-vuur wat steeds brand, het daar oornag ‘n brand naby Hoachanas, net oos van Kalkrand, ontstaan. Terwyl die vuur effe kleiner is, is daar erge uitdagings met watervoorsiening vir brandbestryders. Daar is ook ‘n dringende beroep gedoen aan gemeenskapslede in die gebied om hand by te sit. Intussen brand dit steeds in die verre Suide in gebiede wat ontoeganklik is. Daar was op ‘n stadium rondom 11-uur Woensdagnag ligte reën wat plek-plek voorgekom het maar, dit het nie die brand geblus nie. Teen laat Woensdagaand het die brand ’n omvang van ongeveer 34 kilometer by 20 kilometer gehad en daar word beraam 46 000 hektaar is verwoes.