NLU sê hy kry goeie samewerking van Shikongo oor veediefstal

Die president van die Namibiese Landbou-unie het gereageer op die president van die PDM McHenry Venaani wat sê hy wil die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo nader oor toenemde veediefstal. Die unie se president Piet Gouws sê Venaani is korrek en veediefstal is ‘n daadwerklike uitdaging maar, die unie het baie goeie samewerking met Shikongo.