Oor-50’s kan in SA registreer vir inenting

Die inentingsveldtog in die buurland gaan gebuk onder kritiek maar tog bly dit vorder. Die buurland se waarnemende gesondheidsminister Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het bevestig inenting-registrasie vir mense bo die ouerdom van 50 volgende week Donderdag sal open. Inenting teen Covid-19 vir hierdie groep sal dan teen 15 Julie begin. Kubayi-Ngubane sê meer as 2,5 miljoen mense is reeds ingeënt en meer as 4 miljoen Pfizer-entstowwe is tot dusver in die land afgelewer. Sy sê sê soos meer entstowwe beskikbaar raak, sal daar na ander sektore beweeg word: