Krieket: Punjab Kings koop Sam Curran vir rekord-bedrag op veiling

Krieket: Engeland se veelsydige speler, Sam Curran, het die duurste speler in die geskiedenis van die Indiese Premiersliga geword toe Punjab Kings hom op die spelersveiling vir 38 miljoen Namibiese dollar gekoop het. Dit oortref die rekord wat verlede jaar vir die veelsydige Protea Chris Morris betaal is. Curran was speler van die toernooi in vanjaar se T20-Wêreldbeker. Hy het in 2019 in sy eerste IPL-toernooi vir Punjab gespeel voor hy die volgende jaar na Chennai Super Kings verskuif het, maar ‘n rugbesering het hom uit vanjaar se toernooi gehou. Volgende jaar se IPL begin op 20 Maart.