Japannese gekant teen US$1,83m begrafnis vir Abe

Japan sal 1,83 miljoen Amerikaanse dollar bestee aan ‘n staatsbegrafnis vir die ontslape voormalige premier Shinzo Abe.  Die aankondiging kom ten spyte van toenemende opposisie van ‘n publiek wat kwaad is oor onthullings van die regerende party se bande met die Unification Church. Abe is op 8 Julie tydens ‘n verkiesingsbyeenkoms doodgeskiet, en hoewel begrafnisdienste kort daarna gehou is, het Japan besluit om ‘n staatsbegrafnis by Tokio se Nippon Budokan-arena op 27 September te hou. Meningspeilings toon aanhoudende teenkanting teen die plan met die  jongste peiling wat toon dat 53% van die respondente teen ‘n staatsbegrafnis is.