NLA se Stampriet-veiling loop oop

Die Namibia Livestock Auctioneers se Stampriet Skouveiling is op die oomblik aan die gang. Die veiling, wat sekerlik die grootste in sy soort ter wêreld is, het verskeie buitelandse kopers gelok. Jaar op jaar word die geleentheid al hoe meer gewild. Volgens die jongste berigte is daar reeds 150 000 Namibiese dollar betaal vir ‘n Wit Dorperram. Daar word berig dat meer as 200 kopers op die perseel teenwoordig is met ‘n verdere 60 wat aanlyn bie. Die veiling is bekend vir sy wye keuse van teelmateriaal vir kleinvee.