TransNamib se staking is verby

TransNamib het onderhandelings met die vakbond Natau voltooi en sal binnekort ‘n verklaring uitreik in die verband. Die maatskappy se werkers staak sedert 17 Augustus en het Maandag onderhandelings hervat. Die vervoermaatskappy se bedrywighede het volgens die woordvoerder Abigail Raubenheimer is tot ‘n stilstand gedwing en het verdere verliese veroorsaak. Raubenheimer het bevestig die staking is verby.