Nkosazana Dlamini-Zuma stem ja vir Phala Phala-verslag

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het die ANC-koukus teengegaan en gestem ten gunste van die aanvaarding van die Artikel 89-paneel se verslag oor die Phala Phala-plaasskandaal. Sy het opgestaan en gesê: “As ‘n gedissiplineerde ANC-lid, stem ek ja”. Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, wat langs haar gesit het, het ook opgestaan en gesê “As ‘n gedissiplineerde lid van die ANC, stem ek nee”.