Gautengse premier vra vir arres van Deokaran-moordbeplanners

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, vra vir die spoedige inhegtenisneming van diegene wat mense gestuur het om die verklikker, Babita Deokaran, te vermoor. Lesufi het met die media gepraat oor ondersoeke by sommige Gautengse instellings en gesê hoewel die vermeende moordenaars in hegtenis geneem is, moet diegene wat die moord beplan het, ook aangekeer word. Volgens Lesufi sal die ondersoeke by die Thembisa-hospitaal poog om korrupsie en bedrog aan die kaak te stel, asook om hulde te bring aan Deokaran se werk.