Geslagsgeweld eis reeds lewens voor feesseisoen

Die feesseisoen het skaars begin en geslagsgeweld vier reeds hoogty. Die 36-jarige Nauseb Johannes het sy meisie, die 39-jarige Sophia Mitche, op ‘n plaas in die Grootfontein-distrik doodgeskiet, waarna hy die wapen op homself gerig het.  Volgens die Namibiese polisie het Johannes die vuurwapen uit die kluis van die plaashuis verwyder en na sy huis geneem waar hy sy meisie in die kop en daarna homself geskiet het. Geen selfmoordnota is gevind nie. In ‘n ander voorval het die 34-jarige Elizabeth Kalilo met haar aankoms by die staatshospitaal op Rundu gesterf, nadat sy deur haar kêrel aangerand is. Die voorval het in die Sigone-nedersetting in die Kavango-Wes-streek plaasgevind. Die 36-jarige verdagte het die ma van sy ses dae oue baba herhaaldelik in die maag geskop. Hy is in hegtenis geneem.