Njozi is weer tuis by Rietvlei

Die cheetah, Njozi wat verlede week uit die Rietvlei-natuurreservaat in Tshwane in die buurland ontsnap het, is gister weer binne die reservaat gewaar. ‘n Woordvoerder, Selby Bokaba, sê sy is gesien waar sy ‘n gemsbok gejag het. Hy het almal bedank wat na die dier help soek het. Sy het skynbaar weggekom deur ‘n gat wat kleiner diere onderdeur die heining gegrawe het. Njozi is in die reservaat geplaas om die cheetahs se gene-poel uit te brei.