Kinders in aanhouding – die wet is duidelik, sê Walters

Die Ombudsman Advokaat John Walters het gereageer op ‘n verklaring wat deur die Namibiese Minister van Geslagsgelykheid Doreen Sioka uitgereik is en sê daar is plekke van veiligheid geskep vir kinders. Die verklaring kom nadat Walters ‘n klag van minagting van die hof teen haar gelê het. Volgens Sioka is die fasiliteite daar vir kinders in Korrektiewe Dienste maar sal nie benut word vir verhoorafwagtende kinders of kinders wat reeds tronkstraf uitdien nie. Walters het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.