Suurstoftekorte aangemeld

Daar word berig dat verskeie mediese fasiliteite tekorte aan suurstof het en in die Robert Mugabe-kliniek in die hoofstad kan daar net 5 pasiënte op ‘n slag met suurstof behandel word. Die Minister van Gesondheid Dr Kalumbi Shangula het aan plaaslike media gesê dat daar wel ‘n groter aanvraag is vir hospitalisering maar, dat daar op die oomblik geen aanduiding is dat ‘n derde vlaag infeksies in die land bereik het nie. Daar is tans 192 pasiënte in die hospitaal met 43 in hoësorg.