Proteas fokus nou op T20-beker, na verlies in Indië

Suid-Afrika fokus nou op die T20-Wêreldbekertoernooi in Australië ná gister se teleurstellende einde aan die eendagreeks teen Indië. Die gasheer het die reeks 2-1 gewen toe hulle die Proteas in die derde en laaste wedstryd in Delhi geklop het. Suid-Afrika kon net ‘n skamele 99 lopies bymekaarskraap en Indië het die teiken binne 20 boulbeurte verbygesteek met net drie paaltjies plat. David Miller, wat die Proteas die eerste keer aangevoer het, sê hul kolfwerk was eenvoudig nie goed genoeg nie: