Nigeriese weermag voer geheime massa-aborsieprogram uit  

‘n Reuters-berig dat die Nigeriese weermag ‘n geheime massa-aborsieprogram in sy oorlog teen Boko Haram gevoer het, is as uiters “ontstellend” beskryf. Dit is volgens Ned Price, die woordvoerder van die staatsdepartement. Hy sê meer inligting is aangevra. Die kwessie is volgens hom uiters kommerwekkend. Reuters het berig dat vroue wat deur Boko Haram ontvoer en verkrag is, gedwing is om aborsies te ondergaan wat deur die  weermag uitgevoer is. Reuters kon nie vasstel wie die aborsieprogram geskep het of in die weermag of regering dit bestuur het nie.