Protea-kolwer speel môre in Brisbane

Krieket: Die Protea-kolwer Rassie van der Dussen het herstel van ‘n vingerbesering wat sy toer in Engeland vroeër die jaar kortgeknip en veroorsaak het dat hy die T20-Wêreldbekertoernooi misloop. Hy is in Suid-Afrika se toetsgroep wat môre in Brisbane begin met ‘n vierdaagse opwarmwedstryd teen ‘n Krieket Australië-elftal. Suid-Afrika is in die land vir ‘n reeks van drie toetse en Van der Dussen sê dis goed om terug te wees.