MTC se wins styg met 6,7%

MTC het ‘n wins na belasting van nagenoeg 793,04 miljoen Namibiese dollar vir die jaar geëindig 30 September 2022 gerapporteer. Dit is sowat 49,7 miljoen dollar of 6,7 persent meer as sy 2021-boekjaar. Die plaaslik genoteerde groep het vandag sy jongste finansiële resultate op die Namibiese Aandelebeurs bekend gemaak, met ‘n totale inkomste van meer as 2,9 miljard dollar vir die 12 maande onder oorsig. In vergelyking met dieselfde tydperk in 2021 is dit ‘n toename van nagenoeg 103 miljoen dollar of 3,7 persent.