Nigeriese weermag sê hulle het leier van insypelgroep doodgemaak

Nigerië se weermag sê hulle het hierdie maand die nuwe leier van die insypel-groep, Islamitiese Staat Wes-Afrika-provinsie, in ‘n militêre operasie doodgemaak. Dit het gebeur twee weke nadat die weermag die dood van die groep se gewese hoof, Abu Musab al-Barnawi, bekend gemaak het. Dit is ‘n splintergroep van die Boko Haram-groep wat reeds ‘n dekade lank teen die Nigeriese weermag veg. Die konflik het tot die dood van ongeveer 300 000 mense gelei terwyl miljoene van hulp afhanklik is.