Afriforum vat Netflix aan

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ‘n versoekskrif van stapel gestuur sowel as ‘n brief geskryf aan die Netflix Swart-kreatiewe-bemagtigingsfonds. Dit volg nadat die aanlyn-vermaaklikheidsdiens ‘n beurs vir 2022-nagraadse studente in die rolprent- of televisiegenre bekend gestel het. Een van die belangrikste kwalifiserende vereistes is egter die aansoeker moet swart wees. AfriForum-lid Ernst van Zyl sê hierdie opsetlike diskriminasie is onaanvaarbaar.