Twee Covid-sterftes in Windhoek, Katima Mulilo aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het twee Covid-sterftes in onderskeidelik Windhoek en Katima Mulilo aangemeld, asook ses nuwe gevalle uit 1 591 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 0,4 persent is. In die groep is een leerder en gesondheidswerker elk. Daar is nou 757 aktiewe gevalle waarvan 20 in hospitale is en twee in intensiewesorgeenhede. Altesaam 259 537 mense is ten volle ingeënt.