Nigeriese weermag bestuur aborsieprogram, onwettig

‘n Ondersoek deur die Reuters-nuusagentskap toon dat sedert 2013, bestuur die weermag in Nigerië ‘n sistematiese, en onwettige aborsieprogram in die noordooste van die land. Volgens wat berig word, is aborsies op meer as 10 000 vroue uitgevoer, sonder hulle toestemming. Die vroue, en meisies, is almal deur lede van die terreurgroep Boko Haram ontvoer, en verkrag. Die swangerskappe is deur die weermag beëindig na die vroue gered is. Volgens slagoffers van die program, is hulle eers bevry en dan na ‘n militêre kamp geneem. Later is hulle pille en inspuitings gegee en toe is die aborsies uitgevoer. Hulle is met die dood gedreig sou hulle enigsins daaroor praat. Reuters sê hy kon nie bepaal wie die program geskep het nie en die weermag het nie op versoeke vir inligting gereageer nie.