Olie bly stabiel, wag vir Amerikaanse repokoers

Die Brent ru-olie prys is redelike stabiel vandag en verhandel net onder 93 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die kommoditeit reageer op die oomblik op ‘n afwagtende mark wat wag vir die Amerikaanse Federale Reserwebank se aankondiging oor die land se rentekoers. Die VSA is die wêreld se grootste olieverbruiker en sou die rentekoers verder verhoog, is daar vrese vir ‘n resessie en dus, verlaagde vraag. Intussen het die Amerikaanse dollar steeds sterk verhandel teen net onder 18 rand, ‘n 20-jaar hoogtepunt. Die sterker dollar maak dit natuurlik ook duurder vir kopers van ru-olie, soos Suid-Afrika. Kenners meen verse oor ‘n resessie en die voortslepende Covid-inperkings in China het sedert Junie die prys van ru-olie afgedruk.