Nigeriese oudpresident is Afrika se Landbou-ambassadeur 

Nigerië se voormalige president, Goodluck Jonathan, het sy aanstelling as Afrika se Ambassadeur van die Afrika-landboutegnologie-stigting aanvaar. Die direkteur van die stigting, Canisius Kanangire, sê die aanstelling is gedoen weens Jonathan se prestasierekord om landboutransformasie op die vasteland te onderskryf. Jonathan sê sy belangstelling om die vasteland te dien, sluit die bevordering van voedselsekerheid en transformasie vir ‘n beter lewensgehalte in Afrika in. Die agenda is gerig op die verhoging van doeltreffendheid en winsgewendheid in sleutel-landboukommoditeite, insluitend katoen, kakao, mielies, sojabone, uie, rys, vee, visserye, tamatie en sorghum.