Forensiese kriminoloog bekommerd oor Walus se veiligheid

‘n Forensiese kriminoloog het haar reaksie op die paroolvrylating van Janusz Walus gegee. Hy is vandag uit die hospitaal ontslaan na hy verlede week met ‘n skerp voorwerp Daar is streng voorwaardes aan sy parool gekoppel en hy sal vir die volgende twee jaar onder die gemeenskap-korrektiewe stelsel moet uitdien. Walus doen reeds jare aansoek vir parool nadat hy in 1993 die SAKP-leier Chris Hani doodgeskiet het. Suid-Afrikaanse forensiese kriminoloog dr. Pixie du Toit sê aan Kosmos 94.1 Nuus die aanpassing sal moeilik vir hom wees en sy bevraagteken sy veiligheid in Suid-Afrika.