Nigeriese naelloper geskors oor opkikkers

Atletiek: Die Atletiek-integriteitseenheid het die Nigeriese naelloper Blessing Okagbare vir vyf jaar geskors vir die gebruik van veelvuldige opkikkers, en nog vyf jaar omdat sy nie met die ondersoek wou saamerk nie. Die hoof van die eenheid, Brett Clothier, sê ‘n skorsing van tien jaar dra ‘n sterk boodskap oor teen enige pogings om te kul. Okagbare het op die 2008 Olimpiese Spele ‘n silwer medalje in die verspring gewen, en ook wêreldkampioenskaps-medaljes in die verspring en die 200 meter ingepalm.