Nanso is tevrede met graad 11-uitslae

Die Landless People’s Movement se jeugliga-sekretaris, Duminga Ndala, sê die graad 11-uitslae is ‘n ramp en dui aan op die armoede-ongelykheid tussen staat- en privaatskole. Sy het gereageer op die 2021 eksamenuitslae van graad 11 gewone vlak wat gister deur die onderwysministerie aangekondig is. Esther Shakela, woordvoerder van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie sê hulle is gelukkig met die slaagsyfer wat gestyg het, maar daar is wel uitdagings.